Liewe Mamma en Pappa, baie dankie vir u belangstelling in die Bizzy Bugz Baba-/Dagsorg. Dit is vir ons ‘n besondere voorreg om deel te wees van elke baba/peuter in ons sorg se ontwikkelingsjare en groei. Ons strewe is om u kleinding se tyd by Bizzy Bugz baie spesiaal en vreugdevol te maak. Elke kleinding se welstand lê vir ons baie na aan die hart en hulle veiligheid en geluk is prioriteit. Dit is verder ons missie om hul ontwikkeling en groei deur stimulasie te bevorder. Die ideal is om ‘n gelukkige omgewing te skep waar ons elke dag met speel en pret individuele mylpaaltjies bereik.
|